Pous Anastasius II

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Pous Anastasius II
Anastasius II.jpg
Geboortenaam Anastasius
Pontifikaat begin 24 November 496
Pontifikaat eindig 19 November 498
Voorganger Gelasius I
Opvolger Simmachus
Gebore
Sterf 19 November 498
Rome, Italië
Ander pouse genaamd Anastasius

Anastasius II was die 50ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Biografie[wysig | wysig bron]

Pous Anastasius II was 'n Romein, die seun van 'n ouderling met die naam Petrus. Op 24 November 496 volg hy Pous Gelasius I op en regeer tot sy dood op 19 November 498. Hy word opgevolg deur Pous Simmachus. Die naam ‘Anastasius ’ beteken 'die heropgestane'.

Pontifikaat[wysig | wysig bron]

Pous Anastasius II het die swaar taak gehad om die kerkskeuring van Acacius van Konstantinopel op te los. Die skeuring het ontstaan deurdat Acacius en Pous Felix III 'n fundamenteel meningsverskil gehad het oor die monofisiete. Die pous was versoenend ten opsigte van die monofisiete en het hom die gramskap van die skrywer van die Liber Pontificalis op die hals gehaal. Dante het die pous in sy boek La Divina Comedia in die hel geplaas.

Verering[wysig | wysig bron]

Pous Anastasius II is nie heilig verklaar nie.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  • Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press. ISBN 0-85323-545-7

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

  • BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
  • CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)


Nota[wysig | wysig bron]

Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia.

Opvolging[wysig | wysig bron]

Voorafgegaan deur:
Gelasius I
Pous (Pontifex Maximus)
496498
Opgevolg deur:
Simmachus


Teenpouse

HippolitusNovatianusFelix IIUrsinusEulaliusLaurentiusDioscurusEugenius I - Theodorus IIPaschalis ITheofilactus - Constantinus IIFilippusJohannes VIIIAnastasius IIIChristoforusBonifatius VII - Johannes XVIGregorius VISilvester IIIBenedictus XHonorius IIClemens IIITheodoricusAlbertusSilvester IVGregorius VIIICelestinus IIAnacletus IIVictor IV (Gregorius) - Victor IV (Octavianus)Paschalis IIICallixtus IIIInnocentius IIINicolaas VClemens VIIBenedictus XIIIAlexander VJohannes XXIIIClemens VIIIBenedictus XIVFelix V - Martinus IV - Moderne Teenpouse