Pous Telesforus

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Pous Telesforus
Pope Telesfor.JPG
Geboortenaam Telesforus
Pontifikaat begin 125
Pontifikaat eindig 139
Voorganger Sixtus I
Opvolger Higinus
Gebore
Griekeland
Sterf 139
Rome, Italië

Telesforus was die agste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Biografie[wysig]

Pous Telesforus[1] (Latyn Telesphorus) was volgens oorlewering van Griekse afkoms, gebore in Calabrië. Sy naam beteken “doelgerig ywerig”. Hy volg Pous Sixtus I op in 125 en word opgevolg deur Pous Higinus in 139. Volgens die kerkvader Irenaeus sterf hy (ongeveer in 140) ‘n martelaarsdood. Hy is die enigste pous uit die 2de eeu waarvan die martelaarskap betroubaar vasgestel is. Die kerkhistorikus Eusebius van Caesarea plaas die begin van sy pontifikaat in die 12de regeringsjaar van die Romeinse keiser Hadrianus, dit wil sê ca. 128-129, en sy dood in die eerste jaar van keiser Antoninus Pius se bewind (138-139).

Pontifikaat[wysig]

Daar is min bekend oor sy pontifikaat. Sy naam word vir die eerste keer genoem in ‘n brief van Irenaeus aan Pous Victor I met betrekking tot die viering van Paasfees. Daaruit blyk dat Telesforus een van die Romeinse biskoppe was wat Paasfees altyd op Sondag gevier het. Hy het egter nie sy verbintenisse met die Griekssprekende gemeentes in die ooste van die Romeinse Ryk, wat die gewoonte nie gevolg het nie, verbreek nie.

Volgens die Liber Pontificalis (wat nie altyd betroubaar is nie) word die volgende liturgiese en ander besluite aan hom toegeskryf:

  • Invoering van die nagmis met Kersfees.
  • Drievoudige nagmaalsviering met Kersfees ter herdenking van die drievoudige geboorte van Christus (geboorte by die Skepping; geboorte uit die Maagd Maria; geboorte by die opstanding).
  • Opname van die Gloria as vaste onderdeel van die mis.
  • Invoering van die vastyd.

Verering[wysig]

Pous Telesfores is heilig verklaar en sy feesdag is 5 Januarie in die Roomse Kerk, maar 22 Februarie in die Grieks-Ortodokse Kerk. Die monnike en nonne van die Karmeliete orde, vereer hom as hulle beskermheilige aangesien hy glo op die berg Karmel gewoon het as ‘n kluisenaar. Die stad Saint-Télesphore in die suidweste van die Kanadese provinsie Quebec is na hom vernoem.

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Pous Telesforus (kategorie)
  • Inskrywing in die Ökumenisches Heiligenlexikon (Duits)
  • BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)

Verwysings[wysig]

  • Attwater, Donald and Catherine Rachel John. The Penguin Dictionary of Saints. 3rd edition. New York: Penguin Books, 1993. ISBN 0-140-51312-4.
  • Kelly, J.N.D. Oxford Dictionary of Popes. (1986). Oxford, England: Oxford University Press.

Nota[wysig]

Saamgestel uit die Nederlandse, Engelse en Duitse wiki.

Bronne[wysig]

  • Maxwell-Stuart, P.G. (1997). Chronicle of the Popes. Thames Hudson Ltd., London. ISBN 0-500-01789-0
  1. Telesphorus, Saint. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.

Opvolging[wysig]

Voorafgegaan deur:
Sixtus I
Biskop van Rome
125139
Opgevolg deur:
Higinus


Teenpouse

HippolitusNovatianusFelix IIUrsinusEulaliusLaurentiusDioscurusEugenius I - Theodorus IIPaschalis ITheofilactus - Constantinus IIFilippusJohannes VIIIAnastasius IIIChristoforusBonifatius VII - Johannes XVIGregorius VISilvester IIIBenedictus XHonorius IIClemens IIITheodoricusAlbertusSilvester IVGregorius VIIICelestinus IIAnacletus IIVictor IV (Gregorius) - Victor IV (Octavianus)Paschalis IIICallixtus IIIInnocentius IIINicolaas VClemens VIIBenedictus XIIIAlexander VJohannes XXIIIClemens VIIIBenedictus XIVFelix V - Moderne Teenpouse