Pous Nicolaas II

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Pous Nicolaas II
Papa Nicolau II.jpg
Geboortenaam Gerard van Boergondië
Pontifikaat begin 6 Desember 1058
Pontifikaat eindig 19 Julie 1061
Voorganger Stefanus IX
Opvolger Alexander II
Gebore tussen 990 en 995
Chevron, Savoje
Sterf 19 Julie 1061
Florence, Italië
Ander pouse genaamd Nicolaas

Nicolaas II was die 155ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Biografie[wysig]

Pous Nicolaas II is gebore as Gerard van Boergondië (Frans: Gérard de Bourgogne) in Chevron, Savoje tussen 990 en 995[1]. Hy word ook Gerald van Lotaringe (Frans: Gerald de Lorraine) genoem. Voor sy verkiesing was hy biskop van Florence. Op 6 Desember (of 28 Desember) 1058 volg hy Pous Stefanus IX (X) op en regeer tot sy dood op 19 Julie (of 27 Julie) 1061. Hy word opgevolg deur Pous Alexander II. Die naam ‘Nicolaas’ beteken 'oorwinnaar oor/uit die volk'.

Pontifikaat[wysig]

Pous Nicolaas II was die kandidaat van Hildebrand van Sovana, (later Pous Gregorius VII) en keiserin Agnes van Poitou. Teenpous Benedictus X het die bewind oorgeneem na die dood van Pous Stefanus IX (X) op 29 Maart 1058. Nicolaas word eers op 24 Januarie 1059 in Rome gekroon. Na die kroning van Nicolaas het Benedictus uit Rome gevlug.

Pous Nicolaas was hervormingsgesind en op 13 April 1059 vaardig hy 'n dekreet uit wat bepaal dat die pous voortaan slegs deur die kardinale verkies sal word. Ten opsigte van die Normandiërs in Suid-Italië volg hy 'n ander koers as sy voorgangers. Hy het 'n verbond gesluit met Robert Guiscard, die Normandiese leier en daardeur vrede verseker. Dit het egter nie die goedkeuring van die Duitse biskoppe gehad nie en hulle het probeer om die pous se besluite ongeldig te laat verklaar op 'n sinode in die somer van 1060.

Toe Nicolaas op 27 Julie 1061 sterf het die Duitsers dadelik 'n teenpous Honorius II uit Basel, verkies. Honorius was van Duitse afkoms en is voorgestel deur keiserin Agnes.

Bibliografie[wysig]

  • Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0-300-09165-6
  • Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0-500-01798-0.
  • Brand (P); GARIN (J), 1925, Un pape savoyard, Nicolas II (1059-1061), Librairie Dardel, 76 p.

Verwysings[wysig]

  1. "Nicholas II." Encyclopædia Britannica. 2008. Encyclopædia Britannica Online. 22 Junie 2008 <http://www.britannica.com/eb/article-9055717>

Eksterne skakels[wysig]

Wikisource
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:
  • BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
  • PTA Inskrywing in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)


Nota[wysig]

Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.

Opvolging[wysig]

Voorafgegaan deur:
Stefanus IX
Pous (Pontifex Maximus)
10581061
Opgevolg deur:
Alexander II


Teenpouse

HippolitusNovatianusFelix IIUrsinusEulaliusLaurentiusDioscurusEugenius I - Theodorus IIPaschalis ITheofilactus - Constantinus IIFilippusJohannes VIIIAnastasius IIIChristoforusBonifatius VII - Johannes XVIGregorius VISilvester IIIBenedictus XHonorius IIClemens IIITheodoricusAlbertusSilvester IVGregorius VIIICelestinus IIAnacletus IIVictor IV (Gregorius) - Victor IV (Octavianus)Paschalis IIICallixtus IIIInnocentius IIINicolaas VClemens VIIBenedictus XIIIAlexander VJohannes XXIIIClemens VIIIBenedictus XIVFelix V - Martinus IV - Moderne Teenpouse