Pous Benedictus XI

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Pous Benedictus XI
B Benedikt XI.jpg
C o a Benedetto XI.svg
Geboortenaam Niccolò Boccasini
Pontifikaat begin 22 Oktober 1303
Pontifikaat eindig 7 Julie 1304
Voorganger Bonifatius VIII
Opvolger Clemens V
Gebore 1240
Treviso, Italië
Sterf 7 Julie 1304
Perugia, Italië
Ander pouse genaamd Benedictus

Benedictus XI was die 194ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk van 1303 tot 1304.

Biografie[wysig]

Pous Benedictus XI [1] is gebore as Niccolò Boccasini in 1240 in Treviso, Italië. Hy sluit hom aan by die orde van die Dominikane en studeer en doseer teologie. In 1286 word hy provinsie-leier van die orde in Lombardye. In Mei 1296 word hy magister-generaal van die Dominikane. Hy was ‘n kragtige verdediger van die beleid van Pous Bonifatius VIII en die pous bevorder hom tot kardinaal in 1298. Op 22 Oktober 1303 volg hy Pous Bonifatius VIII op en regeer tot sy dood op 7 Julie 1304. Hy word opgevolg deur Pous Clemens V. Die naam ‘Benedictus’ beteken 'geseënde’.

Pontifikaat[wysig]

Kroning van Benedictus XI op ‘n fresco in die Santa Maria Novella in Florence.

Pous Benedictus XI[2] het verwikkel geraak in konflikte met die kardinale van die Colonna familie. Weens die spanning wat die konflikte veroorsaak het, het hy in 1304 Rome verlaat en na Perugia gegaan. Hy het toegewings gemaak aan koning Philip IV (die Skone) van Frankryk en die bul “Cleris Laicos” amper volledig teruggetrek, maar het Guillaume de Nogaret en sy helpers, wat die aanslag op Pous Bonifatius VIII gepleeg het by Anagni, op 7 Junie 1304 geëkskommunikeer. Hy het ook die bul “Super cathedram” wat die bedelordes verbied het om te preek en bieg te hoor, teruggetrek.

Op 18 Desember 1303 bevorder die pous Niccolò Alberti OP tot kardinaal en op 19 Februarie 1304 vir Walter Winterburn OP.

Pous Benedictus X word deesdae as ‘n teenpous beskou. In Pous Benedictus XI se tyd was dit egter nie so nie. Dit is die rede hoekom Pous Benedictus XI die getal XI en nie X gekies het om sy naam aan te dui. Dit het dan ook al die volgende Benedictus pouse se nommer met een aangeskuif.

Verering[wysig]

Pous Benedictus XI is deur Pous Clemens XII salig verklaar op 24 April 1736. Sy feesdag is op 7 Julie.

Bibliografie[wysig]

  • Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0300091656.
  • Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0500017980.

Verwysings[wysig]

  1. Benedict XI, Blessed. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica
  2. Waldron, M.A. (1907). Pope Benedict XI. In The Catholic Encyclopedia. New York: Robert Appleton Company. Besoek Januarie 4, 2009 by http://www.newadvent.org/cathen/02429c.htm

Eksterne skakels[wysig]

Wikisource
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:
  • BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
  • PTA Inskrywing in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)
Commons
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Benedictus XI (bladsy)

Nota[wysig]

Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.

Opvolging[wysig]

Voorafgegaan deur:
Stephan von Besançon
Magister-Generaal van die Dominikane
12961299
Opgevolg deur:
Albertus de Chiavari
Voorafgegaan deur:
Leonardo
Biskop van Ostia
13001303
Opgevolg deur:
Niccolo II Alberti
Voorafgegaan deur:
Bonifatius VIII
Pous (Pontifex Maximus)
13031304
Opgevolg deur:
Clemens V


Teenpouse

HippolitusNovatianusFelix IIUrsinusEulaliusLaurentiusDioscurusEugenius I - Theodorus IIPaschalis ITheofilactus - Constantinus IIFilippusJohannes VIIIAnastasius IIIChristoforusBonifatius VII - Johannes XVIGregorius VISilvester IIIBenedictus XHonorius IIClemens IIITheodoricusAlbertusSilvester IVGregorius VIIICelestinus IIAnacletus IIVictor IV (Gregorius) - Victor IV (Octavianus)Paschalis IIICallixtus IIIInnocentius IIINicolaas VClemens VIIBenedictus XIIIAlexander VJohannes XXIIIClemens VIIIBenedictus XIVFelix V - Martinus IV - Moderne Teenpouse