Pous Bonifatius I

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Pous Bonifatius I
Bonifacius I.jpg
Geboortenaam Jocundus of Secundius
Pontifikaat begin 28 Desember 418
Pontifikaat eindig 4 September 422
Voorganger Zosimus
Opvolger Celestinus I
Gebore
Sterf 4 September 422
Ander pouse genaamd Bonifatius

Bonifatius I was die 42ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Biografie[wysig]

Pous Bonifatius I is gebore as Jocundus of Secundius. Sy geboortedatum en geboorteplek is onbekend. Op 28 Desember 418 volg hy Pous Zosimus op en regeer tot sy dood op 4 September 422. Hy word opgevolg deur Pous Celestinus I. Die naam ‘Bonifatius’ beteken ‘weldoener’.

Pontifikaat[wysig]

Pous Bonifatius I was een van die twee kandidate om pous te word na die dood van Pous Zosimus. Die ander kandidaat was Eulalius wat later teenpous geword het. Na die dood van Pous Zosimus was daar ‘n konflik oor die rigting wat die kerk moet volg. Al twee partye het ‘n pous verkies (kronologies eers Eulalius en toe Bonifatius) en daar is besluit om keiser Honorius te vra om die finale keuse te maak. Die keiser belê ‘n sinode in Ravenna op 8 Februarie 419 en het beide kandidate uit Rome weggestuur tot na die besluit. Eulalius het egter na Rome teruggekom teen die keiser se bevel en die keiser het toe Pous Bonifatius as Pous aangestel.

Augustinus het meerdere van sy werke aan Pous Bonifatius opgedra. Bonifatius het ook die Pelagianisme verwerp. Hy het ook keiser Theodosius II van die Oos Romeinse Ryk oorgehaal om Illiricum aan Rome toe te ken eerder as aan Konstantinopel.

Verering[wysig]

Pous Bonifatius I word as ‘n heilige vereer in die Rooms-Katolieke Kerk. Sy feesdag is op 25 Oktober.

Verwysings[wysig]

  • Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press. ISBN 0-85323-545-7

Eksterne skakels[wysig]


Nota[wysig]

Saamgestel uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia.

Opvolging[wysig]

Voorafgegaan deur:
Zosimus
Pous (Pontifex Maximus)
418422
Opgevolg deur:
Celestinus I


Teenpouse

HippolitusNovatianusFelix IIUrsinusEulaliusLaurentiusDioscurusEugenius I - Theodorus IIPaschalis ITheofilactus - Constantinus IIFilippusJohannes VIIIAnastasius IIIChristoforusBonifatius VII - Johannes XVIGregorius VISilvester IIIBenedictus XHonorius IIClemens IIITheodoricusAlbertusSilvester IVGregorius VIIICelestinus IIAnacletus IIVictor IV (Gregorius) - Victor IV (Octavianus)Paschalis IIICallixtus IIIInnocentius IIINicolaas VClemens VIIBenedictus XIIIAlexander VJohannes XXIIIClemens VIIIBenedictus XIV (Bernard Garnier) - Benedictus XIV (Jean Carrier)Felix V