Pous Linus

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Pous Linus
Linus2.jpg
Geboortenaam Linus
Pontifikaat begin 67
Pontifikaat eindig 76
Voorganger Petrus
Opvolger Anacletus I
Gebore
Volterra, Toskane, Italië
Sterf 76
Rome, Italië

Die heilige Linus[1] [2]was tussen 67 en 76 die tweede pous. Artaud de Montor skryf dat hy die seun was van Herculanus, van die Mauri familie van Volterra en dat hy op twaalfjarige leeftyd na Rome gestuur is waar hy Petrus ontmoet het. [3]Hy word beskou as die opvolger van Petrus as biskop van Rome. Irenaeus van Lyon beskou Linus as dieselfde persoon as die een waaroor Paulus praat in 2. Tim 4: 21.

"Doen jou bes om nog voor die winter te kom. Eubulus, Pudens, Linos, Claudia en al die broers stuur vir jou groete."

Tydens sy pontifikaat word die eerste 15 biskoppe aangestel. Sy opvolger was Anacletus. Eusebius skrywe dat Linus twaalf jaar lank biskop van Rome was (van circa 66 tot 78).

Volgens die Liber Pontificalis[4] is hy as martelaar dood. Dit is egter onwaarskynlik, aangesien daar in die jaar van sy dood nie groot Christenvervolgings was nie.

In die Rooms-Katolieke Kerk word hy as heilige vereer, met 23 September as sy feesdag. Volgens die offisiële pouslys van die Vatikaan was hy pous van 67 tot 76.

Verwysings[wysig]

  1. Linus, Saint. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.
  2. Kirsch, J.P. (1910). Pope St. Linus. In The Catholic Encyclopedia. New York: Robert Appleton Company. Besoek op 11 Januarie 2013 by New Advent [1]
  3. Artaud de Montor, A.F. Chévalier de, (1772 - 1849), The lives and times of the popes. p. 16
  4. Loomis, Louise R. (1874 translator) "The book of the popes. (Liber Pontificalis)" p.44. New York, Columbia University Press. Aug. 1997.
Wikisource
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal.

Bronne[wysig]

  • Maxwell-Stuart, P.G. (1997). Chronicle of the Popes. Thames Hudson Ltd., London. ISBN 0-500-01789-0

Opvolging[wysig]

Voorafgegaan deur:
Petrus
Biskop van Rome
6776
Opgevolg deur:
Anacletus I


Teenpouse

HippolitusNovatianusFelix IIUrsinusEulaliusLaurentiusDioscurusEugenius I - Theodorus IIPaschalis ITheofilactus - Constantinus IIFilippusJohannes VIIIAnastasius IIIChristoforusBonifatius VII - Johannes XVIGregorius VISilvester IIIBenedictus XHonorius IIClemens IIITheodoricusAlbertusSilvester IVGregorius VIIICelestinus IIAnacletus IIVictor IV (Gregorius) - Victor IV (Octavianus)Paschalis IIICallixtus IIIInnocentius IIINicolaas VClemens VIIBenedictus XIIIAlexander VJohannes XXIIIClemens VIIIBenedictus XIVFelix V - Martinus IV - Moderne Teenpouse