Pous Gajus

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Pous Gajus
PCaius.jpg
Geboortenaam Gajus
Pontifikaat begin 17 Desember 283
Pontifikaat eindig 22 April 296
Voorganger Eutichianus
Opvolger Marcellinus
Gebore
Sterf 22 April 296
Rome, Italië

Gajus (ook gespel ‘Caius’) was die 28ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Biografie[wysig]

Pous Gajus is waarskynlik gebore in Dalmasië en was dalk verwant aan die heilige Susanna van Rome (ook Susanna van Concordia genoem). Susanna se pa, die heilige Gabinius was glo ‘n broer van Gajus. Daar word ook beweer dat hy verwant was aan keiser Diocletianus. Op 17 Desember 283 volg hy Pous Eutichianus op en regeer tot sy dood op 22 April 296. Hy word opgevolg deur Pous Marcellinus.

Pontifikaat[wysig]

Daar is feitlik niks bekend oor sy lewe. Sy bewind word gekenmerk deur ‘n tyd van vrede voor die laaste vervolging. Hy word genoem in die “Deposito Epicoporum” uit die 4de eeu, maar nie as martelaar nie. Hy is begrawe in die Callixtus katakombe. Sy seëlring is in sy graftombe gevind.

Verering[wysig]

Pous Gajus word as heilige vereer in die Rooms-Katolieke Kerk en sy feesdag is 22 April, saam met Pous Soter. In die Ortodokse Kerk is sy feesdag op 11 Augustus. Hy word gewoonlik afgebeeld met die pouslike tiara en saam met die heilige Nereus. Hy word veral in Dalmasië en Venesië vereer.

Eksterne skakels[wysig]

  • BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
  • CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)


Verwysings[wysig]

Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press. ISBN 0-85323-545-7

Nota[wysig]

Saamgestel uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wiki’s.

Opvolging[wysig]

Voorafgegaan deur:
Eutichianus
Biskop van Rome
283296
Opgevolg deur:
Marcellinus


Teenpouse

HippolitusNovatianusFelix IIUrsinusEulaliusLaurentiusDioscurusEugenius I - Theodorus IIPaschalis ITheofilactus - Constantinus IIFilippusJohannes VIIIAnastasius IIIChristoforusBonifatius VII - Johannes XVIGregorius VISilvester IIIBenedictus XHonorius IIClemens IIITheodoricusAlbertusSilvester IVGregorius VIIICelestinus IIAnacletus IIVictor IV (Gregorius) - Victor IV (Octavianus)Paschalis IIICallixtus IIIInnocentius IIINicolaas VClemens VIIBenedictus XIIIAlexander VJohannes XXIIIClemens VIIIBenedictus XIVFelix V - Martinus IV - Moderne Teenpouse