Klas 19-stoomlokomotief
SAR no. 1369 staangemaak in Breyten, Mpumalanga, 11 Junie 2005. | |
Tipe en oorsprong | |
---|---|
Kragtipe | Stoom |
Ontwerper | Suid-Afrikaanse Spoorweë[1] |
Vervaardiger | Berliner Maschinenbau |
Serienommer | 9279-9282 [2] |
Model | Klas 19 |
Klas | Klas 19, Klas 19R |
Vervaardig | 1928 |
Aantal gebou | 4 |
Bouspesifikasies | |
Konfigurasie | 4-8-2 "Mountain" |
Spoorbreedte | Kaapspoor |
Voorwielomtrek | 724 mm (28 1/2 dm) |
Dryfwielomtrek | 1 370 mm (54 dm) |
Agterwielomtrek | 838 mm (33 dm) |
Wielbasis | Totaal: 17,875 m Enjin: 4,394 m per gekoppelde deel, 9,804 m totaal Tender: 1,397 m boegie, 5,105 m totaal |
Lengte | 20,561 m |
Hoogte | 3,912 m |
Asbelasting | 13,7 t op die 3de drywer |
Massa op dryfwiele | 53,9 t |
Lokomotiefmassa | 80,7 t |
Tendermassa | 22,4 t leeg 51,9 t gelaai |
Gesamentlike massa | 72,6 t leeg 132,6 t gelaai |
Tendertipe | MP1 - MP, MP1, MR, MX, MY, MY1 toegelaat * 2-asboegies * 864 mm wiele * Lengte 7,887 m |
Aandrywing | |
Brandstof | Steenkool |
Brandstofkapasiteit | 10,2 t |
Waterkapasiteit | 20 910 ℓ |
Stoomketel | 1,524 m binneomtrek |
Stoomketeldruk | 1 380 kPa |
Vuurroosteroppervlak | 3,437 m2 |
120 buise met 57,1 mm omtrek 21 buise met 140 mm omtrek | |
– Vuurkas | 11.799 m2 |
202,157 m2 | |
Oorverhitteroppervlak | 47,009 m2 |
Silinders | Twee |
Silindergrootte | 533 mm (21 dm) boor 660 mm (26 dm) slag |
Klepwerk | Walschaerts |
Werkverrigting | |
Trekkrag | 142 kN (31 850 lbk) teen 75% keteldruk |
Diensgeskiedenis | |
Gebruiker | Suid-Afrikaanse Spoorweë [3] |
Aantal in klas | 4 |
Vlootnommer(s) | 1366–1369 |
Afleweringsdatum | 1928 |
Eerste tog | 1928 |
Onttrekkingsdatum | 1977 [1] |
Die Klas 19 is 'n tipe stoomlokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik is. Hierdie lokomotief is ontwerp deur Kol. F.R. Colins, die Hoofmeganiese Ingenieur van SAS&H. Daar is sewe subklasse in die klas.
Daar is vier lokomotiewe gebou deur Berliner Maschinenbau AG (BMAG) en afgelewer in 1928. Die lokomotiewe was toegerus met Walschaerts-klepratwerk en superverhitters. Die lomotiewe het eers diens gedoen op die Kimberley - Vryburgtrajek en daarna by Empangeni en was baie suksesvol. Een lokomotief se stoomketel is vervang en hy is hergeklassifiseer as Klas 19R.
Klas 19A en Klas 19AR
[wysig | wysig bron]Klas 19A is ontwerp om op ligter sylyne diens te doen. Om gewig te verminder is die silinders en die dryfwiele se omtrek verklein en 'n ietwat kleiner stoomketel is ingebou. Ses-en-dertig van die lokomotiewe is in 1929 deur die Schweizerische Lokomotivfabrik Winterthur (SLM) in Switserland gebou. Vyf van die lokomotiewe se stoomketels is later vervang met Nr. 1A stoomketels en hulle is hergeklassifiseer as Klas 19AR. Die lokomotiewe het eers regdeur die land diens gedoen maar is later net in KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap en die Wes-Kaap gebruik. Hulle is almal in 1977 onttrek.
Klas 19B en Klas 19BR
[wysig | wysig bron]In 1930 is nog 'n verdere veertien Klas 19A-lokomotiewe bestel. Daar was meer spasie tussen die wiele van die voorste draaistel en ook die silinders en derhalwe is die lokomotiewe as Klas 19B geklassifiseer. Een van die lokomotiewe is toegerus met Caprotti-klepratwerk as 'n eksperiment maar dit is vervang in 1943. 'n Ander lokomotief se stoomketel is vervang met 'n Nr. 1A stoomketel en hy is geherklassifiserer as Klas 19BR. Die lokomotiewe het diens gedoen in die omgewing van Kaapstad, tussen Kimberley en Vryburg en ook tussen Graaff-Reinet en Rosmead. Hulle is onttrek in 1977.
Klas 19C
[wysig | wysig bron]Nadat A.G. Watson as Hoofmeganiese Ingenieur van SAS&H aangestel is in 1929, is daar besluit om nog 50 Klas 19B lokomotiewe te bestel. Gedurende die tenderfase het die North British Locomotive Company die gebruik van die R.C. klepratwerk voorgestel. Alhoewel dit duurder was, is die voorstel aanvaar en die lokomotiewe is afgelewer in 1935, toegerus met Nr. 1A stoomketels en geklassifiseer as Klas 19C.
Die lokomotiewe het diens gedoen op die Witwatersrand, die Oos-Kaap en die Wes-Kaap. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het al die lokomotiewe in Kaapstad diens gedoen. Gedurende 1970 het 'n paar in Bloemfontein diens gedoen vanwaar hulle gewerk het tot in Aliwal-Noord. Hulle is almal uit diens onttrek in 1978.
Klas 19D
[wysig | wysig bron]Gedurende die tydperk wat W.A.J. Day as Hoofmeganiese Ingenieur van SAS&H aangestel was, is nog 135 lokomotiewe bestel by 3 firmas, Krupp, Borsig en Škoda Works net voor die Tweede Wêreldoorlog. Die lokomotiewe was indenties aan Klas 19C behalwe dat hulle toegerus was met Walschaerts-klepratwerk en derhalwe as Klas 19D geklassifiseer was.
Net ná die Tweede Wêreldoorlog is nog 50 lokomotiewe bestel by Robert Stephenson and Hawthorn Ltd. Hulle was identies aan die vooroorlogse Klas 19D modelle behalwe dat hulle toegerus was met vakuumremme. Daarna is nog 50 lokomotiewe bestel by North British Locomotive Company in 1949. Die lokomotiewe was toegerus met 'n silindriese Vanderbilt-tipe kolewa. Die kolewa was toegerus met seswiel Buckeye-draaistelle.
Gedurende 1979 is daar geëksperimenteer met 'n Klas 19D-lokomotief. 'n Lempor-uitlaatstelsel is aangebring en die steenkoolverbruik is verminder deur die toevoeging van 'n gasgedrewe vuurkas. Die sukses wat met die eksperiment behaal is het gelei tot die ontwikkeling van die Klas 26-stoomlokomotief.
-
Klas 19R no. 1367 in Empangeni, ongeveer 1966
-
SAR no. 1369 op 11 Junie 2005 in Breyten, Mpumalanga
-
Tipe MR1-kolewa op no. 1369, 11 Junie 2005
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Klas 19-stoomlokomotief.
- Klas 19D No. 2510 op statiese uitstalling in Barkly-Oos.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 Paxton, Leith & Bourne, David: Locomotives of the South African Railways. Struik. Kaapstad. ISBN 0 86977 211 2
- ↑ Holland, D.F. (1972). Steam Locomotives of the South African Railways, Volume 2: 1910-1955 (1st ed.). Newton Abbott, Devon: David & Charles. pp. 57–58. ISBN 978-0-7153-5427-8
- ↑ South African Railways and Harbours Locomotive Diagram Book, 2’0” & 3’6” Gauge Steam Locomotives, 15 Augustus 1941, pp. 21 & 21A, soos gewysig.