Papoea-Nieu-Guinee

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Papoea Nieu-Guinee)
Jump to navigation Jump to search
Independent State of Papua New Guinea (Engels)
Independen Stet bilong Papua Niugini (Tok Pisin)
Independen Stet bilong Papua Niu Gini (Hiri Motu)
Onafhanklike Staat Papoea-Nieu-Guinee
Vlag van Papoea-Nieu-Guinee Wapen van Papoea-Nieu-Guinee
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Unity in diversity[1]
(Engels vir: "Eenheid in verskeidenheid")
Volkslied: O Arise, All You Sons[2]
(Engels vir: "O staan op, al jou seuns")
Ligging van Papoea-Nieu-Guinee
Hoofstad Port Moresby

9°30′S 147°07′O / 9.500°S 147.117°O / -9.500; 147.117

Grootste stad Port Moresby
Amptelike tale Hiri Motu, Tok Pisin, Papoea-Nieu-Guinese gebaretaal en Engels[3][4]
Regering

Monarg
• Goewerneur-generaal
Eerste minister
Unitêre parlementêre
grondwetlike monargie
Elizabeth II
Bob Dadae
James Marape
Onafhanklikheid
• Administratiewe unie van
Papoea en Nieu-Guinee
• Verklaar en erken
van Australië

1 Julie 1949
16 September 1975
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
462 840 km2  (54ste)
178 700 myl2
2
Bevolking
 - 2016-skatting
 - 2011-sensus
 - Digtheid
 
8 084 999[5] (102de)
7 059 653
15 / km2 (201ste)
38,8 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2019-skatting

$32,587 miljard[6] (124ste)
$3 789[6]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2019-skatting

$21,453 miljard[6] (110de)
$2 494[6]

MOI (2017) Green Arrow Up Darker.svg 0,544[7] (153ste)  –  laag
Gini (2009) 41,9[8] –  medium
Geldeenheid Kina (PGK)
Tydsone
 - Somertyd
AOST (UTC+10, +11)
nie toegepas nie (UTC+10, +11)
Internet-TLD .pg
Skakelkode +675

Papoea-Nieu-Guinee (Engels: Papua New Guinea, Tok Pisin: Papua Niugini; Hiri Motu: Papua Niu Gini), amptelik die Onafhanklike Staat Papoea-Nieu-Guinee (Engels: Independent State of Papua New Guinea, Tok Pisin: Independen Stet bilong Papua Niugini, Hiri Motu: Independen Stet bilong Papua Niu Gini), is 'n eilandnasie in Oseanië net suid van die ewenaar met 'n oppervlakte van 462 840 km² en 'n bevolking van 7 059 653 in 2011. Papoea-Nieu-Guinee is oos van Indonesië, suidoos van Palau, suid van die Gefedereerde State van Mikronesië, wes van Nauru en die Salomonseilande en noord van Australië geleë. Die hoofstad en grootste stad is Port Moresby, wat in die suide van die land langs die Koraalsee geleë is.

Nasa-Satellietbeeld van Papoea-Nieu-Guinee
Kaart van Papoea-Nieu-Guinee
Kaart van Papoea-Nieu-Guinee

Papoea-Nieu-Guinee is naas Madagaskar en Indonesië die derde grootste eilandnasie in die wêreld. Dit bestaan uit die oostelike deel van die eiland Nieu-Guinee, wat die grootste deel vorm, die Bismarck-argipel met groot eilande soos Nieu-Brittanje en Nieu-Ierland asook die outonomie gebied rondom die eiland Bougainville, wat geografies, maar nie polities nie tot die Salomonseilande behoort. Naas al die eilande word Papoea-Nieu-Guinee se geografie veral deur die Bismarcksee in die noorde en die Salomonssee in die suidooste gekenmerk. Van die eilandnasie se langste riviere is die Fly en die Sepik. Albei riviere ontspring in die sentrale Viktor Emmanuel-bergreeks in die Westelike provinsie; terwyl die Fly in die suidelike Koraalsee uitmond, vloei die Sepik in die noordelike Bismarcksee.

Papoea-Nieu-Guinee is 'n grondwetlike monargie binne die Britse Statebond met Elizabeth II as staatshoof. Die land het op 16 September 1975 van Australië onafhanklik geword, nadat Papoea-Nieu-Guinee deur sy suidelike buurland vir sowat 60 jaar regeer is. Tot die Eerste Wêreldoorlog is die eiland Nieu-Guinee deur drie koloniale magte beheers: Die Duitse Keiserryk in die noorde, die Verenigde Koninkryk in die suide en Nederlands-Indië in die weste. Op 1 Julie 1949 is die Australiese gebiede van Papoea en Nieu-Guinee as die Gebied Papoea en Nieu-Guinee saamgesluit.

Papoea-Nieu-Guinee is een van die kultureel mees diverse lande in die wêreld. Hier word sowat 851 verskeie tale gepraat,[9] waaronder die Engelse kreooltaal Tok Pisin, die Austronesiese taal Hiri Motu en verskeie Papoeatale wat nie 'n taalfamilie in sy eie reg vorm nie, maar ook nie tot een van die ander taalfamilies behoort nie.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) Somare, Michael (6 Desember 2004). "Stable Government, Investment Initiatives, and Economic Growth". Keynote address to the 8th Papua New Guinea Mining and Petroleum Conference. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Junie 2006. Besoek op 9 Augustus 2007.
  2. (en) "Never more to rise". The National. 6 Februarie 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2007. Besoek op 19 Januarie 2005.
  3. (en) "Papua New Guinea". The World Factbook. Langley, Virginia: Central Intelligence Agency. 2012. Besoek op 1 Junie 2019.
  4. (en) "Sign language becomes an official language in PNG". Radio New Zealand. 21 Mei 2015. Besoek op 1 Junie 2019.
  5. (en) "Papua New Guinea Population (2016)". Wêreldbank. Besoek op 1 Junie 2019.
  6. 6,0 6,1 6,2 6,3 (en) "Papua New Guinea". Internasionale Monetêre Fonds. April 2019. Besoek op 1 Junie 2019.
  7. (en) "2018 Human Development Report" (PDF). United Nations Development Programme. 2018. Besoek op 1 Junie 2019.
  8. (en) "Papua New Guinea". Wêreldbank. Besoek op 1 Junie 2019.
  9. (en) "Papua New Guinea". Ethnologue. Besoek op 1 Junie 2019.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]