Pakistan nasionale krieketspan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Die Pakistan-krieketspan is die nasionale krieketspan van Pakistan. Krieket in die land word geadministreer en beheer deur die Pakistan Krieketraad (PCB) en die span is 'n volle lid van die Internasionale Krieketraad. Die span neem deel aan Toetse, EDI en Twintig20 internasionale krieketwedstryde. Tans beklee Pakistan die vierde posisie op die IKR-ranglys vir toetskrieket, en die sewende en derde posisies vir EDI's en T20's onderskeidelik. [1]

Toetskrieket[wysig | wysig bron]

Pakistan het reeds 387 toetse gespeel, 121 gewen, 110 verloor en 156 gedeel. Die span het die derde beste wen-verloor-verhouding in toetskrieket van 1.10 en die vyfde beste algehele wenpersentasie van 31.33%. [2] Pakistan ontvang toetsstatus op 28 Julie 1952 na 'n aanbeveling deur Indië, en maak sy buiging teen Indië op Feroz Shah Kotla-stadion, Delhi, in Oktober 1952 met Indië wat wen met 'n beurt en 70 lopies. [3] Gedurende die 1950's het 'n paar Pakistani-spelers ook toetskrieket vir die Indiese krieketspan gespeel voor die totstandkoming van die staat Pakistan in 1947.

Internasionale eendagwedstryde en Twintig20 wedstryde[wysig | wysig bron]

Pakistan het 823 EDIs gespeel, 438 gewen, 360 verloor, 8 eindig gelykop en 17 met geen uitslag. [4] Pakistan was die 1992 Wêreldbeker-kampioene, asook naaswenners in die 1999-toernooi en die huidige Asiatiese kampioene. Pakistan, in samewerking met ander lande in Suid-Asië, het as gasheer vir die 1987 en 1996 Wêreldbeker-toernooie opgetree, met die 1996-eindstryd gehou in die Gaddafi-stadion in Lahore. Die span het ook in 81 Twintig20 internasionale wedstryde gespeel, die meeste van enige span. Hulle wen 49, verloor 30 en deel 2. [5] Pakistan het die 2009 ICC Wêreldbeker Twintig20 gewen en was die naaswenners in die eerste toernooi in 2007. Hulle was die algehele wenners van die Asiatiese Toetskampioenskap van 1999.

Huidige groep van 32[wysig | wysig bron]

Naam Oud Kolfstyl Boulstyl Tuisspan Vorme Hempnr.
Toets- en EDI-kaptein en middelordekolwer
Misbah-ul-Haq 40 Regshandig R-bybreek SNGPL Toets, EDI 22
Aanvangskolwers
Ahmed Shehzad 23 Regshandig R-bybreek HBL Toets, EDI, T20I 19
Nasir Jamshed 25 Linkshandig R-bybreek HBL EDI, T20I 77
Khurram Manzoor 28 Regshandig R-bybreek PIA Toets, EDI 91
Shan Masood 25 Regshandig R-mediumsnel HBL Toets 49
Sharjeel Khan 25 Linkshandig R-bybreek ZTBL EDI, T20I 98
Middelordekolwers
Azhar Ali 30 Regshandig R-bybreek KRL Toets, EDI 79
Mohammad Hafeez1 34 Regshandig R-wegbreek SNGPL EDI, T20I 8
Asad Shafiq 28 Regshandig R-bybreek Karachi Dolphins Toets, EDI 81
Sohaib Maqsood 27 Regshandig R-wegbreek WPDA EDI, T20I 92
Fawad Alam 29 Linkshandig L-mediumsnel ZTBL Toets, EDI 25
Haris Sohail 26 Linkshandig L-mediumsnel ZTBL EDI, T20I 89
Paaltjiewagters
Kamran Akmal 33 Regshandig NBP EDI, T20I 23
Umar Akmal 24 Regshandig SNGPL EDI, T20I 3
Adnan Akmal 30 Regshandig ZTBL Toets, EDI 97
Sarfraz Ahmed 27 Regshandig PIA Toets, EDI 54
Veelsydig
Shahid Afridi 35 Regshandig R-mediumbybreek HBL Toets, EDI, T20I 10
Umar Amin 25 Linkshandig R-mediumsnel NBP Toets, EDI, T20I 84
Bilawal Bhatti 23 Regshandig R-mediumsnel SNGPL EDI, T20I 80
Snelboulers
Junaid Khan 25 Regshandig L-Mediumsnel WAPDA Toets, EDI T20I 83
Umar Gul 30 Regshandig R-Mediumsnel HBL Toets, EDI T20I 55
Mohammad Irfan 32 Regshandig L-snel KRL Toets, EDI T20I 76
Mohammad Sami 34 Regshandig R-snel - Toets, EDI T20I
Wahab Riaz 29 Regshandig L-snel NBP Toets, EDI T20I 47
Rahat Ali 26 Regshandig L-mediumsnel KRL Toets, EDI 94
Anwar Ali 27 Regshandig R-mediumsnel PIA EDI, T20I 48
Mohammad Talha 26 Regshandig R-mediumsnel NBP Toets, EDI 99
Ehsan Adil 22 Regshandig R-mediumsnel HBL Toets, EDI 66
Draaibalboulers
Abdur Rehman 35 Linkshandig L-ortodokse draai HBL Toets, EDI, T20I 36
Zulfiqar Babar 36 Regshandig L-ortodokse draai WAPDA Toets, EDI, T20I 78
Raza Hasan 22 Linkshandig L-ortodokse draai NBP T20I 100
Yasir Shah 28 Regshandig R-bybreek Pakistan Customs Toets, EDI, T20I
Korrek op 15 Julie 2014

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. IKR-toetskrieket ranglys - URL besoek op 3 Maart 2015
  2. Overall Result Summary – Test Cricket – ESPNcricinfo. URL besoek op 31 Desember 2014.
  3. Pakistan toer in Indië 1952–53 (1ste Toets) – CricketArchive. URL besoek op 27 Desember 2013.
  4. Uitslae van alle tye – Internasionale eendagwedstryde – ESPNcricinfo. URL besoek op 23 Maart 2014.
  5. Uitslae van alle tye – Internasionale twintig20's – ESPNcricinfo. URL besoek 23 Maart 2014