Chili

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Chile)
Spring na: navigasie, soek
República de Chile
Republiek van Chili
Vlag van Chili Wapen van Chili
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Por la Razón o la Fuerza[1]
(Spaans vir: "Deur reg of mag")
Volkslied: Himno nacional de Chile
Ligging van Chili
Hoofstad Santiago de Chilea

33°26′S 70°40′W

Grootste stad Santiago de Chile
Amptelike tale Spaans (de facto)
Regering Unitêre presidensiële
grondwetlike republiek
Michelle Bachelet
Onafhanklikheid
Onafhanklikheid
• Eerste Regeringsjunta
• Verklaar
• Erken
• Huidige grondwet

van Spanje
18 September 1810
12 Februarie 1818
25 April 1844
11 September 1980
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
756 096,3 km2  (38ste)
291 930,4 myl2
1,07b
Bevolking
 - 2012-skatting
 - 2002-sensus
 - Digtheid
 
17 402 630[2] (62ste)
15 116 435[3]
23 / km2 (194ste)
59 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2014-skatting

$341,914 miljard[4] (43ste)
$20 114[4] (55ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2014-skatting

$285,703 miljard[4] (38ste)
$17 084[4] (49ste)

MOI (2013) Green Arrow Up Darker.svg 0,819[5] (40ste)  –  baie hoog
Gini (2013) 51,6[6] –  hoog
Geldeenheid Peso (CLP)
Tydsone
 - Somertyd
CLT/EASTc (UTC-4 tot -6)
CLST/EASST (UTC-3 tot -5)
Internet-TLD .cl
Skakelkode +56
a. Die wetgewende gesag is in Valparaíso gesetel.

b. Sluit in die Paaseiland en die Salas y Goméz-eiland; sluit nie in die 1 250 000 km² van die geëiste gebied Antártica Chilena nie.

c. Die vasteland gebruik UTC-4 (UTC-3 in somer); die Paaseiland gebruik UTC-6 (UTC-5 in somer).

Chili (Spaans: Chile), amptelik die Republiek van Chili (República de Chile, ), is ’n land aan die suidweskus van Suid-Amerika wat in noord-suidelike rigting oor ’n afstand van sowat 4 300 kilometer strek, terwyl dit op sy breedste in oos-westelike rigting maksimaal 400 kilometer van die weskus tot by die grens met Argentinië strek. Die land behels verskillende klimaatsones wat van tropiese woestyne in die noorde tot by die koel gematigde en subpolêre woudsones van Suid-Chili strek.

Santiago de Chile is die hoofstad en grootste stedelike sentrum van Chili.

Chili word in die weste deur die Stille Oseaan, in die noorde deur Peru, in die noordooste deur Bolivië en in die ooste deur Argentinië begrens. Naas sy vastelandse gebiede maak ook die Paaseiland (of Rapa Nui) in die Stille Oseaan, die eiland Salas y Goméz, die Juan-Fernández-eilandgroep met Robinson-Crusoe-eiland, die Desventuradas-eilande en die eilandgroepe van Ildefonso en Diego-Ramirez in die suide deel uit van die Chileense staatsgebied. Die land maak daarnaas ook aanspraak op ’n gebied in Antarktika (Antártica Chilena) met ’n oppervlakte van sowat 1,25 miljoen vierkante kilometer.

Danksy die ekonomiese beleid en vryemarkhervormings van Pinochet se demokratiese opvolgers het Chili tot een van die welvarendste lande in Latyns-Amerika ontwikkel. Volgens die Verenigde Nasies se Menslike ontwikkelingsindeks (MOI) is Chili tans die land met die hoogste lewensgehalte in Latyns-Amerika. Chili is een van die belangrikste koperprodusente ter wêreld, ’n beduidende uitvoerder van wyn en ook een van Suid-Afrika se grootste mededingers op die internasionale vrugtemark.

Etimologie[wysig]

Kaart van Chili deur Cornelius van Wytfliet, 1597.

Die herkoms van die woord Chili is nog steeds onduidelik. Dit is moontlik afgelei van ’n woord uit die plaaslike Aymara-taal, chilli, en beteken "land waar die wêreld eindig".[7] Hierdie verklaring word gesteun deur die feit dat die eerste Spaanse Conquistadore, wat in Chili geland het, vanuit die Aymara se stamgebiede na ander gebiede in Suid-Amerika vertrek het. Die Spanjaarde het dan ook vanaf die begin van die kolonisasie van Suid-Amerika na die land suid van die Atacamawoestyn as Chili verwys.

Volgens ’n minder bekende teorie het die landsnaam sy oorsprong in die Inkataal Quechua. Die oorspronklike Inka-ryk het tot by die huidige Santiago de Chile gestrek, en die Inka het na die land suid van die Río Aconcagua vanweë sy relatief koel klimaat en die sneeubedekte Andesgebergte as tchili ("sneeu") verwys.[8][9]

Geskiedenis[wysig]

Pedro de Valdivia stig Santiago de Chile - skildery deur Pedro Lira, 1889.

Tydens die Eerste en die langste tyd van die Tweede Wêreldoorlog het Chili neutraal gebly.

Op 24 Oktober 1945 het Chili ’n stigterslid van die Verenigde Nasies geword[10], op 31 Desember 1945 ’n lidland van die Internasionale Monetêre Fonds[11] en die Wêreldbank[12], en op 30 April 1948 ’n stigterslid van die Organisasie van Amerikaanse State geword[13].

Op 22 Mei 1960 is Chili deur die sterkste aardbewing geskud, wat wat ooit waargeneem is. Dit het tot ’n groot tsunami gelei, wat groot dele van die kus verwoes het.

Vanaf 30 Mei tot en met 17 Junie 1962 het Chili as gasheer van die 7de FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi opgetree, wat deur Brasilië gewen is.

Salvador Allende (1970–1973)
Augusto Pinochet (1973–1990)

Danksy die tydelike steun van die Christelik-Demokratiese Party was Chili in 1970 die eerste land in Latyns-Amerika waar ’n marxistiese politikus, Salvador Allende, as staatshoof verkies is. Allende het voortgegaan met die politieke, ekonomiese en sosiale hervormings van sy Christelik-Demokratiese voorganger Eduardo Frei, wat die kopermynbou genasionaliseer en landhervormings begin het, maar uiteindelik het sy pogings om sosialistiese hervormings op ’n vreedsame manier deur te voer tot ekonomiese en politieke chaos gelei. Ná drie jaar is Allende se bewind op 11 September 1973 in ’n bloedige staatsgreep omvergewerp. In Desember 1978 het die Beagle-konflik tot groot spannings met Argentinië gelei. Op 22 Desember het Argentinië tydens die Operasie Soberanía met ’n inval in die vastelandse Chili en die drie onbewoonde eilande Lennox, Picton en Nueva begin. Nadat die Argentynse Junta ’n bemiddeling deur pous Johannes Paulus II ingestem het, is die inval ná ’n paar ure gestop. Tydens die Falkland-oorlog van 1982 het Chili die Verenigde Koninkryk teen Argentinië ondersteun[14] en ná die Argentynse nederlaag is die vriendskap- en vredesverdrag van 1984 tussen Chili en Argentinië onderteken. Chili was tot in 1989, toe die eerste vrye verkiesings gehou is, onder die militêre bewind van generaal Augusto Pinochet.

Die vyf Chileense presidente sedert 1990: Ricardo Lagos (2000–2006), Michelle Bachelet (2006–2010), Sebastián Piñera (2010–2014), Patricio Aylwin (1990–1994) en Eduardo Frei Ruiz-Tagle (1994–2000).

Op 23 Mei 2008 het Chili ’n stigterslid van die Unie van Suid-Amerikaanse Nasies en op 23 Februarie 2010 van die Gemeenskap van Latyns-Amerikaanse en Karibiese State geword.

Op 27 Februarie 2010 het ’n sterk aardbewing groot dele van die infrastruktuur in die suide van dié land vernietig en tot ’n tsoenami gelei. Op 7 Mei 2010 het Chili by die OESO aangesluit.[15]

Geografie[wysig]

Die Chileense bergspits van die Ojos del Salado soos vanaf die Argentynse een gesien. Die Ojos del Salado is die hoogste vulkaan ter wêreld asook die hoogste berg van Chili.

Chili streek op die Suid-Amerikaanse konintent oor ’n lengte van 4275 km in noord-suidelike rigting langs die Andes en die kus van die Stille Oseaan (saam met die Antarktiese deel meer as 8000 km), terwyl die land gemiddeld net 180 km wyd is. Die nouste punt op die vasteland is 90 km breed en die wydste punt is 440 km breed. Die kus word in die suide deur eilande oorheers en streek tot die Straat van Magellaan, wat Vuurland (Tierra del Fuego) van die vasteland skei. Die ylbevolkte noorde van die land is gekenmerk deur die Atacamawoestyn.

Die totale lengte van die grenslyn is 6 329 km, daarvan vorm 3 141 km die gemeenskaplike grens met Argentinië in die ooste. In die noorde word Chili deur Peru (160 km) en in die noordooste deur Bolivië (861 km) begrens.

Die grootste metropolitaanse gebied is die hoofstad Santiago de Chili, waar 40% van die bevolking saamgetrek is. Ander groot stede is Valparaíso, Concepción, La Serena, Antofagasta en Temuco.

Gebiede[wysig]

Chili bestaan uit 15 gebiede, 54 provinsies en 346 distrikte. Chili maak aanspraak op ’n gedeelte van Antarktika (Antártica Chilena), alhoewel hierdie vasteland algemeen as supranasionaal en besit van die wêreldgemeenskap beskou word.

Gebiede van Chili
N.º Gebied Hoofstad Oppervlakte (km²) Bevolking Administratiewe kaart
XV Arica en Parinacota Arica 16 873,3 213 816
Administratiewe kaart van Chili
I Tarapacá Iquique 42 225,8 300 021
II Antofagasta Antofagasta 126 049,1 547 463
III Atacama Copiapó 75 176,2 292 054
IV Coquimbo La Serena 40 579,9 707 654
V Valparaíso Valparaíso 16 396,1 1 734 917
RM Metropolitana de Santiago Santiago 15 403,2 6 685 685
VI Libertador General Bernardo O'Higgins Rancagua 16 387,0 877 784
VII Maule Talca 30 296,1 968 336
VIII Biobío Concepción 37 068,7 1 971 998
IX La Araucanía Temuco 31 842,3 913 065
XIV Los Ríos Valdivia 18 429,5 364 592
X Los Lagos Puerto Montt 48 583,6 798 141
XI Aysén del General Carlos Ibáñez del Campo Coyhaique 108 494,4 99 609
XII Magallanes y Antártica Chilena(1) Punta Arenas 132 297,2 159 468
Chili Santiago 756 102,4 16 634 603
(1) sluit in Antártica Chilena, met ’n totale oppervlakte van 1 382 554,8 km²

Metropolitaanse gebiede[wysig]

Die grootste Metropolitaanse gebiede van Chili (sensus van 2012)
N.º Naam Gebied Bevolking
1.ª Gran Santiago Metropolitana de Santiago 5 896 836
2.ª Gran Concepción Biobío 945 650
3.ª Gran Valparaíso Valparaíso 930 220
4.ª Gran La Serena Coquimbo 412 586
5.ª Antofagasta Antofagasta 346 126

Demografie[wysig]

Duitse argitektuur in Puerto Octay.
Die Chileense Polospan, met die voormalige president Michelle Bachelet, nadat hulle die Polo-wêreldkampioenskap in 2008 gewen het.

Chili is ’n mengsel van verskillende etniese groepe, hoofsaaklik die afstammelinge van Europese setlaars[16][17][18] wat ongeveer 52,7% van die bevolking uitmaak.[19][20] Golwe van Europese immigrante het in die laat 19de eeu en vroeë 20ste eeu in Chili aangekom. Onder andere: Britte, Duitsers, Franse, Iere, Italianers, Kroate, Nederlanders, Pole, Russe, Serwiërs en Spanjaarde, asook ’n kleiner aantal immigrante uit die Midde-Ooste.

Die oorspronklike bevolking van Indiane maak ongeveer 3,2% van die totale bevolking uit, hoofsaaklik Mapuche.[19]

Die Rooms-Katolieke Kerk word deur die staat ondersteun, hoewel dit nie ’n amptelike godsdiens is nie. Behalwe vir die katolieke (70%), is daar ’n aantal Jode (0,4%) en Protestantse gelowe (15,1%).[21]

Verwysings[wysig]

  1. (es) The Coat of Arms”. Chile Executive Branch. 23 Oktober 2011. URL besoek op 11 Februarie 2014.
  2. (es) Instituto Nacional de Estadísticas (amptelike skatting). URL besoek op 11 Februarie 2014.
  3. (es) Censo 2002. Síntesis de resultados.”. Instituto Nacional de Estadísticas. URL besoek op 11 Februarie 2014.
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 (en) World Economic Outlook Database”. Internasionale Monetêre Fonds: Mei 2013. URL besoek op 11 Februarie 2014.
  5. (en) Human Development Report 2013”. Verenigde Nasies: 2013. URL besoek op 11 Februarie 2014.
  6. (es) América Latina (18 Países): Indicadores De Concentración Del Ingreso, 1990-2010”. Panorama Social de América Latina 2012, Capítulo II Desigualdad distributiva y percepciones. United Nations Economic Commission for Latin America and the Caribbean: November 2012. URL besoek op 11 Februarie 2014.
  7. (en) Hudson, Rex A., ed. (1995). “Chile: A Country Study”. GPO for the Library of Congress. URL besoek op 12 Februarie 2014.
  8. (en) "CHILE". Encyclopædia Britannica. 11th ed. 1911.
  9. (en) "Chile (república)". Enciclopedia Microsoft Encarta Online. (2005). URL besoek op 12 Februarie 2014.  Archived 31 Oktober 2009.
  10. (en) un.org: Member States of the United Nations. URL besoek op 11 Februarie 2014.
  11. (en) imf.org: List of Members. URL besoek op 11 Februarie 2014.
  12. (en) worldbank.org: Member Countries. URL besoek op 11 Februarie 2014.
  13. (en) oas.org: Multilateral Treaties - Mexico. URL besoek op 11 Februarie 2014.
  14. (en) Freedman, Lawrence (2005). The Official History of the Falklands Campaign. New York: Routledge. ISBN 978-0-415-36431-7.  bl. 397
  15. (en) oecd.org: Chile's accession to the OECD. URL besoek op 11 Februarie 2014.
  16. (en) SOCIAL IDENTITY Marta Fierro Social Psychologist. URL besoek op 11 Februarie 2014.
  17. (en) massive immigration of European Argentina Uruguay Chile Brazil. URL besoek op 11 Februarie 2014.
  18. (es) Latinoamerica. URL besoek op 11 Februarie 2014.
  19. 19,0 19,1 (es) Composición Étnica de las Tres Áreas Culturales del Continente Americano al Comienzo del Siglo XXI”. (PDF) URL besoek op 11 Februarie 2014.
  20. (es) Argentina, como Chile y Uruguay, su población está formada casi exclusivamente por una población blanca e blanca mestiza procedente del sur de Europa, más del 90% E. García Zarza, 1992, 19.”. URL besoek op 11 Februarie 2014.
  21. (en) CIA - Chile. URL besoek op 11 Februarie 2014.

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Chili (kategorie)
Algemene inligting
Regeringsbronne


 
Lande in Suid-Amerika
Argentinië | Bolivië | Brasilië | Chili | Colombia | Ecuador | Guyana | Paraguay | Peru | Suriname | Uruguay | Venezuela
Afhanklike gebiede: Falkland-eilande - Frans-Guyana - Galápagos-eilande - Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande

Lande van: Afrika Asië Europa Noord-Amerika Oseanië