Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/Oktober
Sjabloon:UitgesoekteHerdenkingsOktober
1 Oktober: Nasionale stigtingsdag in die Volksrepubliek China; Onafhanklikheidsdag in Nigerië en Siprus (albei 1960), Tuvalu (1978) en Palau (1994); Verenigingsdag in Kameroen (1961).
- 1795 – België word deur Frankryk ingeneem.
- 1800 – Spanje staan 'n deel van Noord-Amerika wat as Louisiana bekend gestaan het aan Frankryk af in die Verdrag van San Ildefonso.
- 1958 – Die Amerikaanse ruimte-agentskap Nasa word amptelik gestig om die NACA te vervang.
- 1969 – Die Frans-Britse supersoniese vliegtuig die Concorde oorskry vir die eerste keer Mach 1.
- 1997 – Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens word in die lewe geroep met die inwerkingtreding van die Wet op die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (Wet 34 van 1997).
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
2 Oktober: Internasionale Dag van Geweldloosheid.
- 1835 – Die Texaanse Onafhanklikheidsoorlog begin as rewolusie van die Republiek van Texas teen die Meksikaanse heerskappy.
- 1867 – Gebore: Majoor James Stevenson-Hamilton in Skotland, ook beskou as die vader van die Krugerwildtuin.
- 1869 – Gebore: Mahatma Gandhi, charismatiese massabewegingsleier wat die saak van Brits-koloniale Indië onder die wêreld se aandag gebring het.
- 1958 – Guinee word onafhanklik van Frankryk.
- 1990 – Die Duitse Demokratiese Republiek (DDR) wat sedert 7 Oktober 1949 op die grondgebied van die voormalige Sowjet-besettingsone in Oos-Duitsland en die Sowjet-sektor van Oos-Berlyn bestaan het, kom tot 'n einde.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
3 Oktober: Nasionale Dag in Irak (1932); Dag van Duitse eenheid (1990).
- 787 – Tassilo III van Beiere lê die eed van trou aan Karel die Grote af, waarmee Beiere sy onafhanklikheid verloor.
- 1928 – Gebore: Alvin Toffler, Amerikaanse skrywer en futuris.
- 1932 – Irak word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 1985 – Die ruimtependeltuig Atlantis word vir die eerste keer gelanseer.
- 1990 – Duitsland word herenig toe die vyf nuwe deelstate van die Duitse Demokratiese Republiek (Brandenburg, Mecklenburg-Voorpommere, Sakse, Sakse-Anhalt en Thüringen) met die Bondsrepubliek Duitsland verenig.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
4 Oktober: Onafhanklikheidsdag in Lesotho (1966).
- 1886 – Amptelike stigtingsdag van die goudstad Johannesburg, na die ontdekking van goud aan die Witwatersrand.
- 1916 – Gebore: Dr. Anton Rupert, Afrikaanse entrepreneur, sakeman en omgewingsbewaarder van Suid-Afrika, in Graaff-Reinet in die Oos-Kaap.
- 1929 – Die oorspronklike Tafelberg-kabelspoor word in Kaapstad, Suid-Afrika, geopen. Verbeterde kabelkarre word op 4 Oktober 1997 in gebruik geneem.
- 1958 – Die Grondwet van die Franse Vyfde Republiek, wat met medewerking van Charles de Gaulle en Michel Debré geskryf is, word aanvaar.
- 1966 – Lesotho word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 1984 – Die laaste volledige Toepolef Tu-144, die eerste supersoniese passasiersvliegtuig ter wêreld, word in diens geneem.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
5 Oktober: Republiekdag in Portugal (1910)
- 1740 – Iwan VI van Rusland word as baba deur keiserin Anna aangeneem en as haar opvolger aangewys met sy ma, ook Anna, as regent.
- 1877 – Ná meer as drie maande van gevegte met die Verenigde State se magte, gee die inheemse Amerikaanse stam Nez Percé oor.
- 1930 – Tydens sy nooiensvaart na Indië stort die Britse lugskip R101 neer in Frankryk, met die verlies van 48 passasiers en bemanningslede.
- 1970 – Lede van die Quebec-bevrydingsbeweging ontvoer 'n Britse diplomaat en dit lei tot die Oktoberkrisis in Montreal, Kanada.
- 2006 – Fredrik Reinfeldt word as eerste minister van Swede verkies.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
6 Oktober: Duits-Amerikaanse Dag in die Verenigde State
- 1794 – Franse Rewolusie: Keulen (in die huidige Duitsland) word deur Franse troepe beset.
- 1900 – Tweede Vryheidsoorlog: Die Oranje-Vrystaat word amptelik deur die Verenigde Koninkryk geannekseer as die Oranjerivierkolonie.
- 1976 – Die Kulturele Rewolusie in die Volksrepubliek China kom tot 'n einde met die arrestasie van die "Bende van Vier".
- 1981 – President Anwar Sadat van Egipte sterf in 'n sluipmoordaanval tydens 'n parade in Kaïro ter herdenking van die Jom Kippoeroorlog.
- 1995 – 'n Artikel in die tydskrif Nature kondig aan dat 'n planeet wat om 51 Pegasi wentel ontdek is, die eerste buite ons sonnestelsel.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
7 Oktober: Feesdag van sint Osyth
- 1571 – Die Ottomaanse Ryk word vir die eerste keer in 'n geveg deur die Christelike Weste verslaan, toe 'n vloot wat deur Don Johan van Oostenryk gelei is, die Ottomaanse vloot naby die golf van Korinte tydens die Slag van Lepanto verslaan.
- 1931 – Gebore: Desmond Tutu; kerkleier, teenstander van apartheid en wenner van die Nobelprys vir Vrede.
- 1949 – Die Duitse Demokratiese Republiek (DDR) word in Oos-Berlyn in die lewe geroep.
- 2000 – Henri van Luxemburg word groothertog van Luxemburg nadat sy vader, Jean, vrywillig afstand van die troon gedoen het.
- 2001 – Die Verenigde State se inval in Afghanistan begin met 'n lugbombardement, met Taliban- en Al-Kaïda-magte as teiken.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
- 1582 – As gevolg van die inwerkingstelling van die Gregoriaanse kalender bestaan 8 Oktober 1582 nie in Italië, Pole, Portugal en Spanje nie.
- 1912 – Die Eerste Balkanoorlog begin toe Montenegro oorlog teen Turkye verklaar.
- 1913 – 'n Noorweegse meisie, Solveig Gunbjörg Jacobsen, word die eerste kind wat op Antarktika gebore is.
- 1936 – Die eerste uitgawe van die Kaapstadse middagblad Die Suiderstem verskyn as lyfblad van die Verenigde Party.
- 1967 – Che Guevara, Marxistiese revolusionêr en Kubaanse guerrillaleier, word naby La Higuera, Bolivië, in hegtenis geneem.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
9 Oktober: Onafhanklikheidsdag in Uganda (1962); Hangul-dag in Suid-Korea (1446); Leif Erikson-dag in die Verenigde State.
- 1835 – Gebore: Camille Saint-Saëns, klassieke komponis in Parys, Frankryk.
- 1876 – Gebore: Sol Plaatje, veeltalige Suid-Afrikaanse joernalis, skrywer en politikus wat ook dien as sekretaris-generaal van die African National Congress.
- 1918 – Na afloop van die Finse burgeroorlog word Finland tot koninkryk uitgeroep onder Väinö I.
- 1962 – Uganda word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 1984 – Oorlede: Dr. Felix Wankel, Duitse uitvinder van die Wankelenjin.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
10 Oktober: Onafhanklikheidsdag in Kuba (1868) en Fidji (1970)
- 1825 – Paul Kruger, wat later president van die Zuid-Afrikaansche Republiek geword het, word op Steynsburg in die Kaapkolonie gebore.
- 1846 – William Lassell ontdek Triton, die grootste maan van die planeet Neptunus.
- 1899 – Frans-Soedan word verdeel; die 11 suidelike provinsies word deel van Frans-Guinee, Ivoorkus en Dahomey.
- 1995 – Suid-Afrika se president Nelson Mandela besoek Genadendal in die Wes-Kaap.
- 1997 – Dele van Die Stem word met Nkosi Sikelel' iAfrika gemeng om die nuwe Volkslied van Suid-Afrika te vorm.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
11 Oktober: Dubbele Negende Fees op die Chinese kalender (2005)
- 1899 – Die Tweede Vryheidsoorlog breek in Suid-Afrika uit tussen die Verenigde Koninkryk en die twee Boererepublieke, die Oranje-Vrystaat en die ZAR.
- 1954 – Hồ Chí Minh en die Viet Minh neem beheer oor Noord-Viëtnam oor.
- 1959 – Oorlede: Oswald Pirow, Suid-Afrikaanse politikus en regsgeleerde.
- 1968 – Stigting van die Parti Québécois, 'n politieke party in die Franstalige Kanadese provinsie Quebec, wat na die onafhanklikheid van die provinsie strewe.
- 1968 – Nasa lanseer Apollo 7, die eerste bemande sending van die Apollo-program.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
12 Oktober: Nasionale Dag in Spanje (1492).
- 1492 – Christophorus Columbus bereik die Bahamas-argipel en ontdek daarmee die Amerikas.
- 1762 – Gebore: Jan Willem Janssens, die laaste Nederlandse goewerneur van die Kaap.
- 1810 – Die eerste Oktoberfest word in München gehou om die troue van prins Ludwig I van Beiere te vier.
- 1899 – Die eerste skote klap in die Tweede Vryheidsoorlog nadat Brittanje die ultimatum van die Boererepublieke verwerp het.
- 1968 – Ekwatoriaal-Guinee word onafhanklik van Spanje.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
13 Oktober: Fees gewy aan Fontus (Romeinse Ryk)
- 54 – Claudius sterf nadat hy deur sy vrou, Agrippina die jongere, vergiftig is. Haar seun, die 17 jarige Nero, word gevolglik die volgende Romeinse keiser.
- 1307 – Duisende lede van die Tempelridders word gelyktydig deur agente van Filips IV van Frankryk in hegtenis geneem en gemartel om skuld aan kettery te beken.
- 1899 – Tydens die Tweede Vryheidsoorlog begin die beleg van Mafeking by die dorp Mafeking (nou Mahikeng) in Suid-Afrika.
- 1943 – Tweede Wêreldoorlog: Onder leiding van 'n nuwe regering begin dele van Italië om aan die Geallieerdes se kant te veg.
- 2005 – Die "Breezy Badger"-uitgawe van Ubuntu Linux word vrygestel.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
- 1066 – Slag van Hastings: Die Normandiese Willem die Veroweraar verower Engeland.
- 1899 – Tweede Vryheidsoorlog: Die Beleg van Kimberley begin.
- 1906 – Gebore: Hannah Arendt, Amerikaanse politieke teoretikus van Duitse afkoms.
- 1947 – Die Amerikaanse vlieënier Chuck Yeager breek deur die klankgrens in die Bell X-1-vliegtuig.
- 1981 – Hosni Mubarak word verkies tot president van Egipte, 'n week ná die sluipmoord op Anwar Sadat.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
15 Oktober: White Cane Safety Day (Verenigde State)
- 1529 – Die Eerste beleëring van Wene deur Turkse magte word beëindig.
- 1582 – Die Gregoriaanse kalender vervang die Juliaanse kalender, wat sedert 45 v.C. in gebruik was, in die eerste lande.
- 1844 – Die Duitse filosoof Friedrich Nietzsche word in Röcken, Sakse, gebore.
- 1917 – Eerste Wêreldoorlog: Nederlandse ontkleedanseres Mata Hari word in Frankryk deur 'n vuurpeloton tereggestel vir spioenering vir die Duitse Keiserryk.
- 1989 – Walter Sisulu word saam met sewe ander Suid-Afrikaanse politieke gevangenes vrygelaat.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
16 Oktober: Wêreldvoedseldag
- 1793 – Marie Antoinette word onder die valbyl tereggestel by die Place de la Révolution in Parys tydens die hoogtepunt van die Franse Rewolusie.
- 1854 – Die Anglo-Ierse skrywer Oscar Wilde word in Dublin, Ierland, gebore.
- 1964 – Die Volksrepubliek China ontplof hulle eerste atoombom.
- 1978 – Karol Józef Wojtyła, kardinaal van Kraków, Pole, word pous Johannes Paulus II, die eerste nie-Italiaanse pous sedert die 16de eeu.
- 1981 – Oorlede: Mosje Dajan, Israeliese politikus.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
- 1346 – Koning Dawid II van Skotland lei 'n inval deur Engeland tydens die Honderdjarige Oorlog, maar word gevange geneem tydens die Slag van Neville's Cross.
- 1604 – Kepler se Ster: Duitse sterrekundige Johannes Kepler neem 'n uitsonderlike helder ster waar wat skielik in die Ophiuchus-konstellasie verskyn het.
- 1810 – Die Oktoberfest word vir die eerste keer gehou.
- 1989 – Die Loma Prieta-aardbewing, die grootste aardbewing op die San Andreas-breuk in Kalifornië sedert 1906, tref die San Francisco-baaigebied.
- 2003 – Ná die byvoeging van sy toringspits word die 106 verdieping hoë wolkekrabber Taipei 101 in Taipei die wêreld se hoogste gebou.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
18 Oktober: Alaskadag; Feesdag van Sint Lukas.
- 1870 – Windhoek, die hoofstad van Namibië, word deur kaptein Curt von François gestig.
- 1912 – Die Turkse sultan doen afstand van Libië ten gunste van Italië kragtens 'n verdrag geteken in Ouchy, Switserland.
- 1931 – Oorlede: Thomas Edison, Amerikaanse uitvinder.
- 1977 – Ná die skaking van "Landshut", 'n Lufthansa-vliegtuig, word 86 gyselaars onbeseer bevry.
- 1995 – Libië kondig aan dat meer as 'n miljoen Afrikane uit die land gesit gaan word.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
19 Oktober: Grondwetdag in Niue (1974); Moeder Teresa-dag in Albanië.
- 1943 – Streptomisien, die eerste antibiotiese middel teen tuberkulose, word deur navorsers aan die Rutgers-universiteit in New Jersey geïsoleer.
- 1961 – Apartheid: 'n Algemene verkiesing in Suid-Afrika, waarin slegs wit kiesers kon stem, word deur die regerende Nasionale Party gewen.
- 1962 – Die hoeksteen van die Pretoriase Kunsmuseum word deur die destydse eerste minister, dr. Hendrik Verwoerd, en die burgemeester, E. Smith, gelê.
- 1977 – Apartheid: Twee swart koerante (The World en The Weekend World) en 18 swart organisasies word deur die Suid-Afrikaanse regering verbied.
- 1987 – Die Dow Jones industriële indeks val met 22% op Swartmaandag, die grootste val in een dag in die geskiedenis.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
- 1740 – Maria Theresa volg die troon op in Oostenryk ná die Pragmatiese Sanksie van 1713.
- 1885 – Die kortstondige boererepubliek Upingtonia word in die suide van Angola gestig.
- 1894 – Oorlede: Aleksander III van die Romanof-vorstehuis, keiser van die Russiese Ryk.
- 1964 – Die Puerto Ricaanse Onafhanklikheidsparty word gestig.
- 1973 – Die Sydney-operahuis word amptelik deur koningin Elizabeth II geopen.
- 2007 – Suid-Afrika wen die rugbywêreldbekertoernooi in Frankryk toe hulle Engeland met 15–6 klop.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
21 Oktober: Oorsese Chineesdag in die Republiek China (Taiwan)
- 1032 – Begin van die pontifikaat van pous Benedictus IX, wat later die amp vir meer as 1 000 pond silwer sou verkoop.
- 1805 – Napoleontiese Oorloë: Lord Nelson lei die Britse vloot tot 'n oorwinning in die Seeslag van Trafalgar en verslaan Pierre-Charles Villeneuve se gekombineerde Frans-Spaanse vloot.
- 1833 – Gebore: Alfred Nobel, Sweedse chemikus, ingenieur en die uitvinder van dinamiet.
- 1854 – Florence Nightingale en nog 38 verpleegsters word na die Krimoorlog gestuur.
- 1900 – Tweede Vryheidsoorlog: President Paul Kruger vertrek na Europa om steun vir die Boere se saak te probeer werf.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
22 Oktober: Internasionale Hakkelbewustheidsdag; Feesdag van Sint Pous Johannes Paulus II (Rooms-Katolieke Kerk).
- 1873 – Cetshwayo kaMpande word as die nuwe koning van die Zoeloenasie gekroon.
- 1953 – Laos word van Frankryk onafhanklik.
- 1962 – Die Amerikaanse President John F. Kennedy kondig aan dat Sowjet-kernwapens in Kuba ontdek is en plaas die eilandnasie onder "vlootkwarantyn".
- 1962 – Nelson Mandela pleit onskuldig op aanklagte van "aanhitsing en die onwettige verlaat van die land" aan die begin van sy verhoor in Pretoria, Suid-Afrika.
- 1992 – Toewa, 'n outonome republiek in die Russiese Federasie, kry 'n nuwe grondwet en staan voortaan bekend as Tiwa.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
23 Oktober: Nasionale Dag in Hongarye (1956); Moldag
- 502 – Ná beskuldigings van 'n buite-egtelike verhouding word pous Simmachus van al sy pligte onthef, maar nie veroordeel nie.
- 1952 – Gebore: Antjie Krog, Afrikaanse digter, akademikus en skryfster.
- 1956 – Die Hongaarse Opstand begin in Boedapest, Hongarye.
- 1983 – Libanese Burgeroorlog: Selfmoordbomaanvallers vernietig twee kasernes in Beiroet, wat lei tot die dood van 241 VSA-vlootsoldate en 58 Franse valskermsoldate.
- 1994 – Oorlede: Cornelis Pama, Suid-Afrikaanse heraldikus en genealoog.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
24 Oktober: Onafhanklikheidsdag in Zambië (1964)
- 1648 – Switserland verkry volle onafhanklikheid van die Heilige Romeinse Ryk.
- 1851 – William Lassell ontdek Ariel en Umbriel, twee mane van die planeet Uranus.
- 1945 – Die Verenigde Nasiesverdrag, die grondwet van die Verenigde Nasies, tree in werking.
- 1955 – Suid-Afrika loop uit die debat by die VN se algemene vergadering oor "die rassekonflik in Suid-Afrika weens die apartheidsbeleid".
- 1964 – Die Britse protektoraat Noord-Rhodesië word as Zambië onafhanklik.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
- 1415 – Honderdjarige Oorlog: Hendrik V van Engeland verslaan die swaar gepantserde Franse kavallerie tydens die Slag van Agincourt.
- 1671 – Giovanni Cassini ontdek Iapetus, die derde grootste natuurlike satelliet van die planeet Saturnus.
- 1881 – Gebore: Pablo Picasso, Spaanse skilder en beeldhouer.
- 1940 – Die Suid-Afrikaanse Jukskeiraad word gestig.
- 1971 – Die kommunistiese Volksrepubliek China vervang die Republiek China (Taiwan) as China se enigste verteenwoordiger in die Verenigde Nasies.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
- 1562 – Koninklike Franse troepe neem Rouen in en verwoes die Normandiese hoofstad.
- 1926 – Emily Hobhouse se oorblyfsels word aan die voet van die Nasionale Vrouemonument ter ruste gelê.
- 1947 – Gebore: Hillary Clinton, Amerikaanse politikus en voormalige minister van buitelandse sake.
- 1976 – Apartheid: Transkei word die eerste swart bantoestan om "onafhanklikheid" van Suid-Afrika te ontvang.
- 2014 – Doodgeskiet tydens 'n rooftog: Senzo Meyiwa, Suid-Afrikaanse sokkerspeler, kaptein en doelwagter van die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan en Orlando Pirates.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
27 Oktober: Onafhanklikheidsdag in St. Vincent en die Grenadines (1979), Turkmenistan (1991)
- 1492 – Christophorus Columbus ontdek Kuba tydens sy eerste ontdekkingstog.
- 1795 – Die Verenigde State en Spanje teken die Verdrag van Vriendskap, Limiete en Navigasie, wat die grense tussen die Spaanse kolonies en die Verenigde State bepaal.
- 1917 – Gebore: Oliver Tambo, anti-apartheidsaktivis, stigterslid van die ANC-jeugliga en van 1967 tot 1991 voorsitter van die African National Congress.
- 1946 – Die Franse Unie word geskep.
- 1998 – Gerhard Schröder word kanselier van Duitsland.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
28 Oktober: Dag van die "Nee" in Griekeland (1940)
- 1886 – In die New Yorkse hawe dra die Amerikaanse president Grover Cleveland die Vryheidstandbeeld op aan die honderdjarige viering van die VSA se onafhanklikheidsverklaring.
- 1900 – Die sluitingseremonie van die IIde Olimpiese Spele in Parys.
- 1918 – Tsjeggo-Slowakye verkry sy onafhanklikheid van Oostenryk-Hongarye.
- 1922 – Fascistiese gewapende groepe marsjeer op na Rome om die Italiaanse regering oor te neem.
- 1956 – Gebore: Mahmoud Ahmadinejad, voormalige president van Iran.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
29 Oktober: Republiekdag in Turkye (1923).
- 1787 – Mozart se opera Don Giovanni word vir die eerste keer in Praag opgevoer.
- 1938 – Gebore: Ellen Johnson-Sirleaf, president van Liberië.
- 1956 – Die Suezkanaal-krisis begin: Israel val die Sinai-skiereiland in en dwing Egiptiese magte terug na die Suezkanaal.
- 1998 – Ná meer as 30 jaar keer die 77-jarige ruimtevaarder John Glenn terug na die ruimte om die invloed van ruimtereise op ouer mense te bestudeer.
- 1998 – Die Waarheid-en-versoeningskommissie bied sy verslag oor gebeure onder apartheid in Suid-Afrika aan.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
- 1471 – Hendrik VI van Engeland begin sy tweede bewind, wat slegs 'n paar maande sou duur.
- 1899 – Tweede Vryheidsoorlog: Die Slag van Nicholsonsnek vind plaas.
- 1938 – H.G. Wells se The War of the Worlds word as 'n regstreekse nuusuitsending uitgesaai, wat veroorsaak dat talle Amerikaners uit hulle huise vlug.
- 1980 – Gebore: Robbie Wessels, Afrikaanse sanger en akteur.
- 1995 – In 'n referendum stem die Kanadese provinsie Quebec met 50,6% ten gunste daarvan om deel te bly van Kanada.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis
31 Oktober: Halloween, Hervormingsdag in Duitsland
- 1517 – Martin Luther spyker sy 95 stellings teen die deur van 'n kerk in Wittenberg, Duitsland, aan die begin van die Protestantse Hervorming.
- 1922 – Benito Mussolini word op 39 die jongste premier in die geskiedenis van Italië.
- 1956 – Suez-krisis: Die Verenigde Koninkryk en Frankryk begin Egipte bombardeer om die heropening van die Suezkanaal af te dwing.
- 1984 – Die Indiese eerste minister Indira Gandhi sterf in 'n sluipmoordaanval deur twee van haar eie lyfwagte.
- 2006 – Oorlede: Pieter Willem Botha, Eerste Minister (1978-1984) en Staatspresident (1984-1989) van Suid-Afrika.
besigtig -
bespreek -
wysig - geskiedenis