Gereformeerde kerk Hoedspruit
Gereformeerde kerk Hoedspruit | ||
Sluit in | Acornhoek Balule Drakensig Hoedspruit Kampersrus Klaserie Mariepskop Mica Nwanetsi Oaks Orpen Satara Swadini Telemati Thornybush Timbavati Umbabat | |
Klassis | Limpopo | |
Huidige predikant(e) | Vakant | |
Belydende lidmate | 116 | |
Dooplidmate | 40 | |
Adres | Plaas Happylands (R527) Hoedspruit | |
Geskiedenis | ||
Stigtingsdatum | 1982 | |
Afgestig van | Laeveld/Phalaborwa | |
Eerste predikant | Lammert Stavast 1982–1983 |
Die Gereformeerde kerk Hoedspruit is die tiende jongste van die 25 gemeentes in die GKSA se Klassis Limpopo. Einde 2015 was hier 71 belydende en 23 dooplidmate vergeleke met 116 en 51 einde 2001, toe dit die jongste van die 12 gemeentes in die destydse Klassis Soutpansberg was. Buiten die hoofdorp, Hoedspruit, Limpopo, sluit die gemeente ook talle omliggende nedersettings in, soos Kampersrus, Acornhoek, Drakensig en Satara.
Enkele lidmate van die Gereformeerde kerk Laeveld (Tzaneen, gestig in 1930) en later Phalaborwa (gestig in 1964), het aan die begin van 1960 byeengekom. Eredienste is op die stoep van die Van den Berg-gesin se huis op Happyland gehou. ’n Tafeltjie is as preekstoel gebruik en soms moes ’n drinkglas instaan as doopbak.
Later is die kerkgebou van die Nederduitsch Hervormde kerk op Kampersrus vir Nagmaal gebruik. Die opening van die lugmagbasis op Hoedspruit het die Gereformeerdes hier se getalle versterk. Die gesin Tönsing het in 1970 grond op die plaas Happylands geskenk vir die oprigting van ’n kerk, wat op 10 Junie 1973 in gebruik geneem is, maar die Gereformeerde kerk Hoedspruit is eers in 1982 gestig, hoewel die GKSA se Almanak in onlangse uitgawes die stigtingsjaar as 1972 aandui.
Predikante
[wysig | wysig bron]- Stavast, Lammert Hendrik, 1982 – 1983 (in kombinasie met Graskop/Sabie)
- Van Dyk, Philippus Daniël, 1988 – 1992
- Venter, Petrus Jacobus, 1993 – 1999
- Van Vuuren, Thomas Johannes, 1999 – 2004
- Struwig, Ockert Jacobus, 2005 – 2008
- Venter, Lourens Johannes Erasmus, 2009 – 2014
Bronne
[wysig | wysig bron]- (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Vogel, Willem (red.). 2015. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2016. Potchefstroom: Administratiewe Buro.