Gereformeerde kerk Barberton

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Die Gereformeerde kerk Barberton.
Ds. G.P. Scheepers, leraar van 1948 tot 1952 (in kombinasie met Ermelo en Carolina).
Ds. J.H. van der Walt, leraar van 1963 tot 1969.

Die Gereformeerde kerk Barberton is ’n gemeente van die GKSA met sy middelpunt op die dorp Barberton in Mpumalanga, maar dit sluit ook omliggende nedersettings soos Kaapmuiden in asook die sentraal-westelike deel van eSwatini.

Barberton het in 1945 met 17 belydende en 17 dooplidmate van die Gereformeerde kerk Carolina afgestig. Einde 2015 was hier 14 dooplidmate (drie minder as 'n jaar vantevore), maar die belydende lidmate het op 65 gestaan (drie meer as 'n jaar vantevore), nadat dit einde 1997 onderskeidelik 79 en 143 was.

Aan die begin het lidmate in ’n saal op die gevangenisterrein, in die hofsaal, in die landdros se woonhuis en in die NG gemeente se kerksaal vir eredienste bymekaargekom.

Net vier jaar ná afstigting kon die gemeente ’n kerkgebou oprig en in gebruik geneem. Omdat die lidmaattal destyds mooi toegeneem is, is dié gebou later vergroot. Danksy die tweede vergroting, in die jare 70, bied dit nou sitplek aan 250 kerkgangers. Daar is ’n besonder mooi pyporrel in die kerk. Dié gebou se koste is gedra deur die vrouelidmate, wat geld ingesamel het met die bak en verkoop van koeksisters en melkterte.

Predikante[wysig | wysig bron]

  1. Scheepers, Gideon Petrus, 1948 – 1952
  2. Van der Walt, Jan Hendrik, 1963 – 1969
  3. Van der Walt, Louis Jacobus, 1969 – 1975
  4. Denkema, Francois, 1975 – 1981 (in kombinasie met Komatipoort)
  5. Venter, Zacharias Christiaan, 1981 – 1989
  6. Krüger, dr. Abraham Jacobus, 1989 – 2002

Bronne[wysig | wysig bron]

Sien ook[wysig | wysig bron]