Gereformeerde kerk Mosselbaai

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Gereformeerde Kerk
Mosselbaai
Embleem van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika.jpg
Sluit in  Bayview
Boggomsbaai
Brandwag
Danabaai
Fraai-Uitsig
Gouritsmond
Groot-Brakrivier
Hartenbos
Heiderand
Herbertsdale
Klein-Brakrivier
Mosselbaai
Reebok
Tergniet
Vleesbaai
Voorbaai
Denominasie  Gereformeerde Kerk
Klassis  Klassis Boland
Huidige predikant(e)  Paul Lubbinge
Belydende lidmate  466
Dooplidmate  50
Adres H.v. Seder- en
Hardekoolstraat
Heiderand, Mosselbaai
Geskiedenis
Stigtingsdatum  6 Oktober 1985
Afgestig van  George
Eerste predikant  J. Kirsten (1988–'96)
Die gemeente het die saal (regs) in 1993 in gebruik geneem toe hy sowat 200 belydende lidmate gehad het. Vanweë gemeentegroei is die kerk (links) aangebou en op 27 Maart 2004 in gebruik geneem toe die belydende lidmate amper 300 getel het. Einde 2016 het hulle 466 getel.
Wim Klapwijk was verantwoordelik vir die gebrandskilderde glas in die saal (hier afgeneem) sowel as in die kerk.
Die gedenksteen in die kerk wat ds. Arie en mev. Hubré Stavast met die ingebruikneming van die vergrote kerkkompleks onthul het. Hy was van 1997 tot 2004 die gemeente se tweede predikant.

Die Gereformeerde kerk Mosselbaai sewende jongste van die 20 gemeentes in die GKSA se Klassis Boland. Einde 2015 was hier 410 belydende en 47 dooplidmate vir ’n sieletal van 457, die derde meeste in die Klassis. Buiten die hoofdorp, Mosselbaai, sluit die gemeentegrense ook plekke soos Boggomsbaai, Danabaai, Gouritsmond, Groot-Brakrivier, Hartenbos, Herbertsdale, Klein-Brakrivier, Reebok, Tergniet, Vleesbaai en Voorbaai in.

Die Gereformeerde kerk Mosselbaai is in 1985 met 62 lidmate van die Gereformeerde kerk George afgestig, wat op sy beurt in 1966 van die ses jaar oue Gereformeerde kerk Oudtshoorn afgestig het. ln die vroeë 1990's is begin met die beplanning van 'n veeldoelige saal op die erf wat die gemeente gekoop het in Heiderand, Mosselbaai. Fanus Buys-argitekte is in samewerking met 'n boukommissie van die kerkraad in 1992 opdrag gegee om die veeldoelige saal te beplan met 'n begroting van R200 000.

Hierdie gebou het bestaan uit 'n ruimte wat ongeveer 200 persone kon huisves, kleedkamers, kombuis en konsistorie. Ná ses maande is die bouwerk met groot dankbaarheid afgehandel, en op 19 Julie 1993 in gebruik geneem. Die gebou het unieke kenmerke. Die besondere brandskilderglaswerk is deur Wim Klapwijk, ’n lidmaat, gemaak. Die uitleg is fyn beplan tot 'n komposisie van lig en beeld. Ná eredienste in die plaaslike Laerskool Park se saal en begeleiding op die klavier, was die toevoeging van 'n gerekenariseerde orrel baie welkom. Van 1995 tot 2001 het die gemeente gegroei van 85 lidmate tot 440 siele, van wie 363 belydende en 77 dooplidmate. Die Gereformeerde kerk Stilbaai het in 2002 van Mosselbaai afgestig.

Die gemeentegroei asook die geweldige groei in toerisme in die omgewing van Mosselbaai het 'n vergroting van die kerk genoodsaak. Hierdie taak is onder leiding van ds. A.H. Stavast uitgevoer. Die kerk is gebou op die huidige erf langs die saal en is ook beplan volgens die beginsel van veeldoelige gebruik. Die nuwe gebou, aangrensend tot die bestaande gebou, is beplan vir 500 kerkgangers. Die bestaande gebou word sedertdien as 'n saal gebruik. In 2003 is die gebou deur die argitek Stevenster beplan en deur At Grobler, ’n lidmaat wat as bouaannemer aangestel is, gebou. Weer het Wim Klapwijk brandskildervensters gemaak en in 2007 is die gerekenariseerde orrel vervang deur 'n pyporrel.

Predikante[wysig | wysig bron]

  1. Kirsten, Jacobus, 1988 – 1996
  2. Stavast, Arie Harm, 1997 – 2004
  3. Lubbinge, Paul, 2005 – hede

Bronne[wysig | wysig bron]