Gereformeerde kerk Kriel
Gereformeerde Kerk Kriel | ||
Sluit in | Kriel | |
Klassis | Piet Retief | |
Huidige predikant(e) | Vakant | |
In kombinasie met | Nelspruit | |
Belydende lidmate | 53 | |
Dooplidmate | 5 | |
Adres | H.v. Groenlaan en Crystal Crescent Kriel | |
Geskiedenis | ||
Stigtingsdatum | 20 Oktober 1977 | |
Afgestig van | Bethal | |
Eerste predikant | D.C.P. Stoltz 1978–1982 |
Die Gereformeerde kerk Kriel is die tweede jongste van die 10 gemeentes in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika se Klassis Piet Retief. In 2015 was hier 68 belydende en 14 dooplidmate vir ’n sieletal van 82, vergeleke met die Klassis se gemiddelde van 183,1.
Die Gereformeerde kerk Kriel het op 22 Oktober 1977 van die Gereformeerde kerk Bethal afgestig. Aanvanklik is die eredienste in die Evkom-klubsaal gehou. Die kerkraad moes Sondagoggend eers die drankbottels en blikke gaan uitvee en die stoele regsit voor kerk. Ds. Van Vuuren van Bethal het daar kerk gehou met 'n groot Castle Lager-reklamebord reg agter die preekstoel. Later is eredienste in die Laerskool Onverwacht se skoolsaal gehou, maar in 1982 is dit verskuif na die tweede Afrikaansmediumskool op die dorp Kriel, naamlik Krielpark. In Maart 1986 het die nuwe sy huidige kerkgebou ingewy.
Predikante
[wysig | wysig bron]- Stoltz, Daniël Cias Petrus, 1979 – 1982
- Grobler, Charl Stephanus, 1983 – 1989
- Fourie, Matthys Petrus, 1989-1999
- Odendaal, Pieter Abraham, 2001 – 2005 (in kombinasie met Evander)
- Van Rooy, Petrus Cornelius, 2006 – 2008 (in kombinasie met Bethal)
Bronne
[wysig | wysig bron]- (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1960. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1961. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Vogel, Willem (red.). 2015. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2016. Potchefstroom: Administratiewe Buro.