Gereformeerde kerk Edenvale
Gereformeerde Kerk Edenvale | ||
Sluit in | Bedfordview Buccleugh Croydon Dowerglen Dunvegan Eastleigh Edenvale Elandsfontein Elma Park Ester Park Hurlyvale Kew Lyndhurst Marais Steynpark Modderfontein Rietfontein-hospitaal Sandringham | |
Klassis | Vaalrivier | |
Huidige predikant(e) | Dr. Deon Lartz | |
Belydende lidmate | 155 | |
Dooplidmate | 4 | |
Adres | Eerste Laan-verlenging 203, Edenvale | |
Geskiedenis | ||
Stigtingsdatum | Mei 1953 | |
Afgestig van | Primrose | |
Eerste predikant | J.M. Opperman (1956–'59) |
Die Gereformeerde kerk Edenvale is ’n gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika met sy middelpunt in die voorstad Edenvale, Gauteng, hoewel dit ook gebiede soos Bedfordview, Dowerglen, Elandsfontein, Lyndhurst, Modderfontein en Sandringham insluit.
Edenvale is in Mei 1953 uit wyke van die moedergemeente Primrose (1946) afgestig as die twaalfde Gereformeerde kerk aan die Oos-Rand. Dienste is reeds in 1949 in die omgewing gehou en twee eenderse sale is in sowel Edenvale as Primrose gebou. Albei sale is op 9 Augustus 1952 ingewy, nege maande voor die gemeente se stigting. Gou was dit te klein om al die kerkgangers soggens te huisves; daarom moes die kerk ’n skoolsaal gebruik vir die oggenderediens. Begin 1976 is ’n moderne kerkgebou in gebruik geneem. Dié gebou het geen vensters nie om die geraas van die nabygeleë snelweë uit te skakel. Lugreëling sorg vir vars lug in die gebou.
In die eeufeesjaar van die Gereformeerde Kerk het Edenvale 165 belydende lidmate gehad en Primrose 518. Einde 2001 was dit onderskeidelik 197 en 210, maar einde 2014 het Edenvale teruggesak tot 161 belydende lidmate en Primrose tot net 59. Einde 2017 was dit onderskeidelik 154 en 38.
Predikante
[wysig | wysig bron]- Opperman, Johannes Marthinus, 1956–1959
- Coetzee, Johannes Hendrik, 1960–1965
- Du Plessis, dr. Jansen van Vuuren, 1965–1970
- Van den Berg, Adriaan Stephanus, 1970–1976 (verlaat die bediening)
- Kuperus, Willem Leendert, 1976–1997 (aanvaar sy emeritaat)
- Engelbrecht, Willem Gerhardus, 1997–1999 (verlaat die bediening; sy enigste gemeente)
- Pieterse, Wilhelmus Johannes, 1999–2002
- Lartz, dr. Deon, 2002 – hede
Bronne
[wysig | wysig bron]- (af) Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1957. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1958. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1958. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1959. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
- (af) Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.